Zambiese polisiehoof loof Shikongo

Die 28ste algemene jaarvergadering van SAOG-streek se polisiehoofde se Interstaatlike Verdedigings- en Veiligheidskomitee is tans in Swakopmund aan die gang. Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo en die huidige voorsitter het sy bewind oorhandig aan die Zambiese polisiehoof, inspekteur-generaal Graphael Musamba. Hy het tydens sy aanvaardingstoespraak Shikongo vir sy leierskap bedank.