Zambiese kraguitdagings raak ons nie
Die lynminister Tom Alweendo sê Namibië sal nie deur die onlangse kragtekorte wat in Zambië ervaar word, geraak word nie. Die buurland maak staat op hidroëlektriese krag wat sowat 85 persent van opwekkingskapasiteit uitmaak, en die droogte het watervlakke in reservoirdamme aansienlik verlaag. Daar is ook instandhoudingswerk wat aan die einde van die maand in die land beplan word. Volgens Alweendo word die kwesbaarheid van staatmaak op kraginvoere weer deur die probleme uitgelig. Namibië voer ongeveer 180 megawatt in ‘n tien-jaar kontrak van Zambië in.