Zambiese burgers aangekla van poging tot moord

Twee Zambiese burgers, die 32-jarige Shabombe Shiaimenze en 40-jarige Jonathan Kamfwa, het in die Walvisbaai-landdroshof verskyn op ‘n klag van poging tot moord. Die twee het na bewering op 5 Januarie ‘n transgender vrou in Walvisbaai aangeval. Volgens plaaslike berigte het die groep gekuier toe ‘n stryery ontstaan het oor die slagoffer se geslag. Die slagoffer is na bewering half naak in die duine gelos en kondome is ook op die toneel gevind. Die slagoffer is glo steeds in ‘n Windhoekse hospitaal se intensiewe sorgeenheid. Die saak is uitgestel na 27 Maart vir verdere ondersoek en die beskuldigdes bly in polisie-aanhouding.