Zambië kan nie meer krag na Namibië uitvoer nie

Namibië sal nie meer krag vanaf Zambië ontvang nie met die buurland wat 125 megawatt self moet invoer om tekorte aan te vul. Die land wat sedert 2022 Namibië se hoof elektrisiteitsverskaffer is ná Suid-Afrika se kragopwekkingsafname, ervaar nou sy eie kragtekorte as gevolg van lae reënval. Volgens The Villager maak hy grootliks staat op hidro-elektrisiteit en meer as 80 persent van sy krag is afkomstig van hidrokrag. Weens die voortslepende droogte het Zambië se kraguitvoere na Namibië tot minder as 40 persent gedaal. Teen die einde van 2022 en tot in 2023 was Zambië verantwoordelik vir 60 persent van Namibië se kraginvoere. Die syfer staan tans op 25 persent.