Zambië draai na steenkool vir kragopwekking

Die Energiereguleringsraad van Zambië het die oprigting goedgekeur van ‘n steenkoolkragstasie van 300-megawatt. Dit is die tweede in die land en moet help om die ernstige energietekorte op te los wat veroorsaak word deur die erge droogte. Die nuwe aanleg sal na verwagting 7,2-miljard Namibiese dollar kos. Hierdie besluit volg omdat Zambië kragonderbrekings verwag asook verminderde ekonomiese groei, weens die uitwerking van die droogte op die opwekking van hidroëlektriese krag.