Zambezi verdubbel 2023 se skoolswangerskap-syfers in eerste kwartaal van 2024

Plaaslike media berig dat 147 skoolmeisies in die eerste kwartaal van die jaar in die Zambezi-streek swanger geraak het. Die is veel hoër as die 77 wat gedurende 2023 aangeteken is. Volgens die streek se jongste syfers is die jongste ‘n skamele 14 jaar oud. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp het die situasie betreur en sê opvoeding is vir enige meisie onmiddellik gestaak omdat sy na die kind moet omsien. Skoolswangerskappe is ‘n baie groot uitdaging in Namibië meer as 7 450 wat tussen 2021 en 2023 aangeteken is.