Zambezi-veeboere soek meer abattoirs, kwarantynstasies

Veeboere in die Zambezi-streek vra vir die heropening van kwarantynstasies en abattoirs om die verkoop van hul vee te vergemaklik. Raymond Sezuni, verteenwoordiger van Zambezi Veeboere sê die heersende droogte noodsaak hulle om te bemark. Zamco is tans die enigste abattoir wat beskikbaar is maar sal bedrywighede in 2025 staak terwyl daar net twee kwarantynstasies is wat in werking is. Die stasie naby Katima Mulilo van amper 10 000 hektaar kan nie gebruik word nie omdat dit gevandaliseer is en waterinstellings en krippe wat gesteel is. Die heinings het ook olifantskade.