Zambezi-streek kry dermiljoene vir gemeenskapsbewaring

Die omgewingsministerie het saam met sy vennote ‘n gesamentlike oorhandigingseremonie gehou vir projek befondsing, toelae en toerusting vir die Zambezi-streek, wat deur die Duitse Federale Ministerie vir Ontwikkeling geskenk is. Die Armoede-georiënteerde Ondersteuning aan Gemeenskapsbewaring in Namibië-projek het 20 miljoen Namibiese dollar ontvang. Die Ontwikkeling van gemeenskapsbestaan en Mens-Natuur Konflikbestuur-projek het 17 miljoen dollar gekry. Omgewingsminister Pohamba Shifeta het in ‘n toespraak verduidelik hoekom hierdie befondsing belangrik is.