Zambezi-streek gons oor aangklaagde raadslede wat weer werk

Die duiwel is los in die Zambezi-streek nadat ses senior streeksraad-amptenare, wat verlede week van korrupsie van sowat 4,7 miljoen Namibiese dollar aangekla is en op borgtog vrygelaat is, terug is in hul poste. Volgens plaaslike berigte heers daar groot ontevredenheid onder raadslede omdat die voorsitter van die bestuurskomitee, Warden Simushi, nie ‘n dringende raadsvergadering oor die kwessie belê nie. Vier van die sewe raadslede het so ‘n vergadering versoek om die ernstige misdrywe en die pad vorentoe te bespreek, want dit kan volgens hulle nie ‘besigheid soos gewoonlik’ wees nie. Hule beweer ook Simushi is gekonflikteer in die saak.