Zambezi-ses terug op kantoor na begrogklagtes

Ses senior Zambezi-streeksraad amptenare, wat van korrupsie van sowat 4,7 miljoen Namibiese dollar aangekla is, is volgens plaaslike berigte terug by die werk. Raadslede is ontevrede omdat die voorsitter van die bestuurskomitee, Warden Simushi, nie die kwessie aanspreek nie, want volgens hulle kan dit nie ‘besigheid soos gewoonlik’ wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder, Dr. Ndumba Kamwanyah, gepraat wat sê dit stuur ‘n verkeerde boodskap oor die stryd teen korrupsie.