Zambezi se minerale ‘moet hier verwerk word’

Die ontdekking van ‘n hoë konsentrasie kritieke minerale in die Zambezi-streek veroorsaak groot opgewondenheid. Dit sluit in aluminium, silikon, mangaan, yster en koper, volgens die inligting-ministerie se Zambezi-kantoor. Kosmos 94.1 Nuus het met die sakeman Leake Hangala gesels, wat sê die minerale moet in die land verwerk word.