Zambezi-owerhede vind 509kg ivoor in een nag

Die polisie in die Zambezi-streek het tydens ‘n gesamentlike operasie met die omgewingsministerie ‘n 37-jarige man in besit van 24 olifanttande aangekeer. It kom na die aankondiging dat verdagtes soek was na die tande gevind is. Die stropery het volgens berigte in Botswana plaasgevind en is deur die Batubaja-gebied in die Linyanti-kiesafdeling Namibië binne gesmokkel. Twaalf olifantsterthare wat gebruik word om armbande te maak, is ook saam met die ivoor gevind. Daar is ‘n verdere sewe Zambiese burgers steeds op vlug. In ‘n soortgelyke voorval is een Zambiese burger in besit van twee olifanttande ook in hegtenis geneem. Dit bring die totale ivoor wat in een nag gekonfiskeer is op 509 kilogram te staan.