Zambezi onbevoeg om GBV-slagoffers onder 18 te help

Die Zambezi-streek het nie die kapasiteit en menslike hulpbronne om slagoffers van geslagsgebaseerde geweld te hanteer waar hulle jonger as 18 jaar oud is nie. Dit is aan die lig gebring tydens ‘n besoek van die staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsake. As deel van sy toesighoudende verantwoordelikhede het die komitee ‘n petisie oor die veiligheid, beskerming en maatskaplike welsyn van kinders ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zelnadia de Waal, maatskaplike werker en programbestuurder by Lifeline/Childline, wat sê daar is tans nie genoeg programme om kinders wat slagoffers is by te staan nie.