Zambezi, Okavango daal, Ruacana vertoon steeds goed
Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die watervlakke in die riviere in die verre Noorde daal. Die Zambezi-rivier is tans op 5,29 meter met ‘n vloei van 3 364 kubieke meter per sekonde. Die vorige lesing was 5,33 meter. By Rundu het die Okavango-rivier van 5,04 meter tot 4,99 meter gedaal met ‘n aangetekende vloei van 196 kubieke meter per sekonde. By Ruacana vloei die Kunene op 278,1 kubieke meter water per sekonde, baie beter as die 97 kubiek wat dieselfde tyd verlede jaar aangeteken is. By Blouputs in die Benede Oranje is die vlak baie laer as verlede jaar. Dit is tans op 1,07 meter teenoor 1,98 meter wat verlede jaar aangeteken is.