Zambezi het meeste malariagevalle

Malariagevalle het verlede jaar ‘n 10 persent toename getoon vergeleke met 2022, wat neerkom op 13 000 meer gevalle. Van die begin van Desember tot op hede is 709 gevalle aangemeld. Daar is berig dat die Zambezi-streek die meeste gevalle van malaria aangeteken het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die goewerneur van die streek, Lawrence Sampofu, wat sê dit is normaal vir die streek tydens die reënseisoen.