Zambezi-goewerneur boer glo nog nie op sy hervestigingsplaas in Omaheke

Volgens Nampa het die regering 2,6 miljoen Namibiese dollar bestee om ‘n hervestigingsplaas vir die Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu in 2016 te koop waar hy nog nie boer nie. Die plaas Lora is in die Omahekestreek geleë. Die voormalige Omaheke-goewerneur, Festus Ueitele, se aangetroude familielid, Dennis Katjiuanjo, bly glo op die plaas. Dit is teen die wet om ‘n herverstgigingsplaas sonder goedkeuring van die ministerie van grondhervorming te onderverhuur. Katjiuanjo sê hy is net die plaasopsigter.