Ysterlong Amerikaner sterf op 78

Paul Alexander het gesterf nadat hy die grootste van sy lewe in ‘n ysterlong geleef het nadat hy op die ouderdom van ses polio opgedoen het. Die 78-jarige inwoner van Texas was van die nek af verlam weens die siekte, maar het nietemin ‘n inspirerende figuur geword. Hy het ‘n graad in die Regte verwerf, ‘n memoire geskryf en was ook ‘n mondskilder. Alexander het mettertyd bekend geword en die Guinness-wêreldrekords het hom erken as die langslewende ysterlongpasiënt.