Yslike begrotingstekort by onderwys

Die Namibiese ministerie van onderwys sê hy ervaar groot begrotingsuitdagings met ‘n tekort van 4 479 klaskamers wat ongeveer 2,3 miljard Namibiese dollar sal kos om te bou. Die ontwikkelingsbegroting vir die huidige finansiële jaar staan tans op 398 miljoen dollar. Die minister, Anna Nghipondoka, sê ten spyte van die uitdagings, duur konstruksie projekte by skole deurlopend voort. Sy sê daar is 14 nuwe skole tussen 2014 en 2021 gebou teen ‘n koste van 749 miljoen dollar maar, sy voeg by die ontwikkelingsbegroting word jaarliks verminder wat dit moeilik maar vir die ministerie om sy infrastruktuur uitdagings aan te spreek.