Ysland-vroue is op staking

Die eerste minister van Ysland, Katrín Jakobsdóttir, het by tienduisende vroue in haar land aangesluit en weier om vandag te werk. Dit sluit huisvroue in wat aangemoedig is om nie huishoudelike take te verrig nie. Die vrouedag is uitgeroep uit verset teen die salarisgaping tussen geslagte en geslagsgeweld. Sektore met ‘n meerderheid vroulike werkers, soos gesondheidsorg en onderwys, word veral geraak. Die organiseerders van die staking sê hoewel Ysland as ‘n gelykheidsparadys beskou word, is daar steeds geslagsongelykhede waarteen dringend opgetree moet word.