Yannick Noah word kaptein van Europese Laver-beker span
Tennis: Die Franse Ope kampioen van 1983, Yannick Noah, gaan die Sweedse legende, Bjorn Borg as kaptein van die Europese span vir die 2025 Laver-beker vervang. Die 64-jarige Fransman gaan die Europese span by die jaarlikse byeenkoms teen ‘n Wêreldspan lei, wat vir die eerste keer deur die agtmalige Grand Slam-kampioen, Andre Agassi, gelei word. Agassi vervang Borg se groot teenstander, John McEnroe. Borg en McEnroe was kapteins sedert die begin van die kompetisie in 2017.