Xi sê weermag moet opleiding verskerp vir oorlog

Chinese president Xi Jinping het sy weermag aangesê om al sy energie op oorlog te vestig. Volgens Xi moet militêre opleiding omvattend versterk ter voorbereiding vir oorlog nadat hy op ‘n onlangse partykongres gewaarsku het van gevaarlike storms op die horison. Hy sê die weermag moet ook nasionale soewereiniteit en nasionale veiligheid verdedig aangesien China in ’n onstabiele en onsekere veiligheidsituasie is. Spanning tussen die land en Taiwan bou toenemend op en China is ook ‘n bondgenoot van Rusland.