‘Wysig wet om huiseienaars te help’

Die Swapo-wetgewer Patience Masua het in die Nasionale Vergadering saamgestem met Justisie-minister, Yvonne Dausab, wat in die parlement voorgestel het dat die Landdroshofwet gewysig moet word, spesifiek artikel 66. Dit hou verband met die terugneem van huise wanneer ‘n eienaar versuim om te betaal. Masua sê huiseienaars moet speelruimte kry om te betaal, weens die ekonomiese situasie in die land. Boonop het sy ’n beroep op banke gedoen om dit vir die publiek makliker te maak om huislenings te bekom.