Wynveiling samel goed in vir bewaring

Die gesogte N/a’an ku sê Wynveiling het sy vyfde jaar van sukses gevier deur wêreldwye ondersteuners te verenig vir ’n aand gewy aan bewaring en gemeenskap. Die veiling het onder andere 20 beperkte-uitgawe bottels van Neuras Wine and Wildlife Estate aangebied, elk met lasergegraveerde beelde van ikoniese wild soos leeus, gemsbokke en luiperds. Die ster van die aand, die bekroonde Neuras Ruby Dessert Wine, het bygedra om 265 000 Namibiese dollar in te samel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Rudie van Vuuren, besturende direkteur van die Na’an ku sê-stigting.