Wyntjie vir jou? Klimaatsverandering raak wêreld se wingerde

Hoë somertemperature, voortslepende droogtes en onvoorspelbare reënpatrone het ʼn ernstige uitwerking op die wêreld se wingerde. Dit is volgens die Robb-verslag. Wynmakers verander nou die manier waarop hulle met druiwe boer en hulle wynkelders bestuur. Dit wissel van die herontdekking van tradisionele wingerdboukundige tegnieke tot moderne tegnologie. Planeta, wat wynkelders in Noto, Capo Milazzo en Etna in Italië besit, het sy wingerde na hoërliggende gebiede en nader aan woude verskuif om die bedreiging van uitgerekte hittegolwe te bekamp.