Wynland-brande woed buite beheer

Die Kaapse Wynlanddistrik-munisipaliteit se brandweerdiens berig die brande in die Breedevallei- en Witzenberggebiede woed steeds buite beheer. Die woordvoerder Jo-Anne Otto skryf die opvlamming toe aan ‘n sterk noordwestewind. Dit het die vlamme aangeblaas in Bainskloof en Fairy Glen, wat die brande wat voorheen onder beheer was weer laat opvlam het. Otto sê die brand in Elandsberg sal hopelik vanself uitbrand.