Wyfie leeu op Katima is steeds soek

Die omgewingsministerie sê die twee rondloperleeus in en om Katima Mulilo het teen Maandag net voor die mannetjie van kant gemaak is, drie bees gevang. ‘n Man is ook aangeval. Volgens die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda, is die wyfie leeus nog steeds soek. Die ministerie sal die eienaars van die bees elk 3 000 Namibiese dollar betaal volgens die mens-dierkonflik beleid. Die persoon wat beseer is kan ook moontlik ‘n betaling van 10 000 dollar ontvang maar die ministerie beraadslag op die oomblik hieroor.