WWF vra verbruikers om feesseisoen groen te maak

Die Wêreldnatuurlewefonds sê die feesseisoen is ‘n tyd wanneer baie geskenke gegee word, maar plaas ook die omgewing onder geweldige druk. Justin Smith van die fonds sê met hul nuwe Simboliese Spesie-aannemingsinisiatief en nuwe innoverende groen geskenk- en geskenktoedraai-idees, is dit moontlik om die feesseisoen ‘n avontuur te maak waarin die aarde ook werklik gered word.