WVP ondersteun voedselsekerkheid

Die Wêreldvoedselprogram se adjunk-landdirekteur in Namibië, Ericah Shafudah, beklemtoon die organisasie se verbintenis om lewens te red en te verander deur volhoubare projekte wat voeding verbeter en die regering se voedselsekerheid ondersteun. Sy het gepraat tydens die oorhandiging van ‘n boorgat, groentetuin en pluimveeprojekte by die Olukula-kliniek in Okongo se Ohangwena-streek. Die geïntegreerde voedselstelsel het ten doel om gesondheid en voedingsgewoontes te bevorder om armoede in kwesbare gemeenskappe te verlig.