WVF weet nog nie van korrupsie-ondersoek

Die Werkloosheidsversekeringsfonds sê hy het kennis geneem van berigte wat gister in ‘n Sondag-koerant gepubliseer is. Dit verwys na ‘n ondersoek deur die Valke en die Spesiale Ondersoek-eenheid na bewerings van korrupsie wat verband hou met sy Arbeids-aktiveringsprogram. Die WVF se woordvoerder, Trevor Hattingh, sê die fonds het nog nie amptelike korrespondensie van die wetstoepassingsagentskappe ontvang ten opsigte van die ondersoek nie, maar sal ten volle saamwerk indien hy versoek word om dit te doen.