WVF betaal R2,9 miljard in uitstaande eise uit

Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het aangekondig die Werkloosheidsversekeringsfonds het 2,9-miljard-rand in uitstaande eise uitbetaal tydens die eerste helfte van die boekjaar. Meth het die Parlement toegespreek en die vinnige verwerking van 99-persent van die goedgekeurde eise binne tien werksdae uitgelig. Meth het die Portefeuljekomitee verseker van voortgesette pogings om die Ouditeur-Generaal se bekommernisse op te los, interne beheermaatreëls te verbeter en aanlyn stelsels bestendig te kry. Sy sê hierdie prestasie dui aansienlike vordering aan met die aandag wat gegee word aan kwalifiserende begunstigdes se agterstallige eise.