WVF betaal meer as R1 miljard aan werkloses uit

Die Werkloosheidsversekeringsfonds in die buurland het in Desember verlede jaar meer as een miljard Suid-Afrikaanse rand se voordele aan altesaam 225 646 begunstigdes verwerk en uitbetaal. Dit was om te verseker dat kliënte en hul geliefdes hul finansiële verpligtinge kan nakom tydens en ná die feestyd. Die WVF se kommissaris, Teboho Maruping, sê sedert die ontstaan van die spesiale Covid-19 Tydelike Werknemer/Werkgewer Verligtingskema-fonds in Maart 2020 met die eerste inperking, het die fonds 62 miljard-rand aan minstens vyf miljoen werkers uitbetaal.