Wright voer Wallabies aan vir toets teen Wallis

Rugby: Liam Wright is aangewys as die nuwe Wallabie-kaptein vir Saterdag se toets teen Wallis in Sydney. Die afrigter, Joe Schmidt, het die flank van die Reds die opvolger gemaak van Will Skelton, wat Australië aangevoer het in verlede jaar se rampspoedige Wêreldbeker-veldtog. Skelton speel oorsee en is nie oorweeg vir die twee toetse teen die Walliesers nie. Wright keer terug nadat hy in 2020 die laaste van sy vyf toetse gespeel het, maar Schmidt sê hy is die medekaptein van die Reds en die spelers beskou hom as ‘n natuurlike leier.