WP o.16 rugbyspan gestraf oor rassekwota

Westelike Provinsie onder-16 het nie gespeel in die nie-amptelike hoofwedstryd van die Grant Khomo-week by Boland Landbou buite Paarl in die Boland nie. Die span is gestraf omdat hy transformasieteikens misgeloop het in Dinsdag se oorwinning oor die Bulle. Spanne moet minstens 11 spelers van kleur in hulle groep van 23 hê. Twee van die WP se spelers van kleur was na berig word, beseer en die span moes noodgedwonge twee wit senters van hulle ander span, die Westelike Provinsie Vyftiental, inspan. Die Bulle het die WP in die hoofwedstryd vervang.