Wortelbome moet beskerm word – VN
Dis vandag die internasionale dag vir die bewaring van die wortelboom-ekostelsel of te wel, mangroves, en die Verenigde Nasies vra dringende optrede om hierdie buitengewone ekostelsels te bewaar. Wortelbome en seegras-velde is kus-ekostelsels en maak ʼn klein gedeelte van die totale oseaan-gebied uit. Wortelbome word wêreldwyd in 123 lande aangetref en beslaan ʼn beraamde 15,2-miljoen hektaar. Die VN reken meer as ʼn driekwart van die wêreld se wortelbome word bedreig, asook die water- en landorganismes wat daarvan afhanklik is.