Word jy gekoekeloer? Airbnb verbied die gebruik van alle binnenshuise sekuriteits-kameras om die privaatheid van gaste te beskerm
Airbnb het aangekondig dat hy die gebruik van binnenshuise sekuriteits-kameras in enige eiendom wat op sy webwerf gelys word verbied, en ook nuwe beperkings op buite-kameras en geraas-moniteringstoestelle instel. Kameras is voorheen toegelaat in gange en leef-areas, solank dit deur die eienaar van die eiendom bekend gemaak is. Airbnb het ook vereis dat die kameras duidelik sigbaar moet wees en nie in slaap-areas of badkamers geplaas is nie. Airbnb het ook gesê dat die veranderinge, wat vanaf 30 April in werking sal tree, sy beleid oor monitering van toestelle vereenvoudig en “voortgaan om die privaatheid van Airbnb-gebruikers te prioritiseer”.
Dit sal ook nou vereis dat eiendomsbestuurders die teenwoordigheid en algemene ligging van enige buite-kamera bekend maak, dat daardie kameras nie binnenshuise ruimtes monitor nie, en dat hulle nêrens aangebring word met ‘n “groter verwagting van privaatheid”, soos storte en saunas nie. Airbnb het erken dat geraas-monitors deur sommige eienaars van eiendomme gebruik is om “kwessies soos ongemagtigde partytjies te voorkom,” maar het gesê dit moet aan gaste bekend gemaak word. Oortredings van die nuwe beleid sal ondersoek word en eiendomsbestuurders kan verwyder word of hul rekenings kan selfs gesluit word, volgens Airbnb.
Foto verskaf: