Word betaal om fliek te kyk

‘n Aanlyn-stroomdiens is op soek na ‘n persoon wat 12 Hallmark-vakansieflieks moet kyk en moet evalueer volgens die beste rolprent tot die swakste rolprent.  

BloomsyBox sê die gekose kandidaat sal ook ‘n oorgenoeg voorraad warm sjokolade en twee pare sokkies ontvang om ‘n gesellige kykervaring te verseker. Die filmaanhanger sal gevra word om elke fliek te rangskik volgens kriteria, insluitend feestelikheidsfaktor, voorspelbaarheids, die traantrekkertoets en herspeelwaarde.

Die flieks wat vir die eksperiment gekies is, is The Most Wonderful Time of the Year (2008), Crown for Christmas (2015), The Nine Lives of Christmas (2014), Christmas Getaway (2017), Journey Back to Christmas (2016), Ghosts of Christmas Always (2022), Family for Christmas (2015), Christmas Under Wraps (2014), Three Wise Men and a Baby (2022), A Royal Christmas (2014), Northpole (2014) en The Christmas Train (2017).

Benewens die betaling van US$2 000, sal die gekose kandidaat ook ‘n 12-maande inskrywing vir die stroomdiens ontvang.

Foto: Verskaf