Woordsmid Breyten Breytenbach sterf

Die bekende Suid-Afrikaanse digter, romanskrywer, skilder en aktivis, Breyten Breytenbach is in Parys op 85 oorlede. In ‘n verklaring sê sy familie Breytenbach het by Okhela, ‘n ideologiese vleuel van die ANC in ballingskap, aangesluit en is gevange geneem met sy terugkeer na Suid-Afrika in 1975. Hulle sê ten spyte hiervan het sy artistieke en literêre bydraes gefloreer, wat sy plek bevestig het as een van Suid-Afrika se moedigste en visioenêre figure. Van Breytenbach se bekende werke sluit in The True Confessions of an Albino Terrorist en Die ysterkoei moet sweet.