Woolies soek jou ou denim

Woolworths het ‘n Denim Aflaai-program in 20 winkels landswyd bekendgestel, om klante aan te moedig om gebruikte denim by dromme in die winkels te plaas. Gebruikte items sal deur Woolworths se Taking Care of Business Remake-program omskep word in nuwe produkte, wat herwinning en afvalvermindering sal bevorder. WRewards-lede ontvang ‘n 20-persent-afslagbewys vir toekomstige denimaankope vir elke skenking. Die program ondersteun 72 naaldwerkers, met sake- en tegniese vaardigheidsopleiding. Die program het verder ten doel om 100 naaldwerkers teen 2025 te werf.