Wolvaardt nuwe Protea-vrouespan kaptein

Krieket: Laura Wolvaardt is bevestig as voltydse kaptein van die Protea-vrouespan in al drie formate. Die 24-jarige kolwer het waargeneem nadat Suné Luus vroeër vanjaar die rol prysgegee het, en het die span gelei tot reeksseges oor Pakistan en Nieu-Seeland. Krieket Suid-Afrika het ook ‘n groep van 15 spelers aangewys vir ‘n T20-reeks teen Bangladesj in Suid-Afrika vroeg volgende maand. Die opkomende SA sterre, Ayanda Hlubi en Eliz-Mari Marx, sal in hierdie reeks hul buiging vir die Proteas maak.