Wolvaardt, Brits lei Protea-vroue tot oorwinning teen Windies

Krieket: Kaptein Laura Wolvaardt en haar aanvangsvennoot, Tazmin Brits, het die Protea-vroue gelei tot ‘n uitstekende oorwinning met tien paaltjies oor die Wes-Indiese Eilande by die T20-Wêreldbekertoernooi in die Verenigde Arabiese Emirate. Albei het onoorwonne vyftigtalle aangeteken onderweg na die teiken van 119 en dit verby gesteek met 13 balle oor. Nonkululeko Mlaba was vroeër die beste bouler met vier paaltjies. Die Proteas speel Maandag in Sharjah teen Engeland, gevolg deur groepswedstryde teen Skotland en Bangladesj.