Wolff sê Merc kan terugkom, volgende jaar

Die baas van Mercedes se Formule Een-span, Toto Wolff, sê hy is vol vertroue dat die span volgende seisoen Red Bull die stryd kan aansê. Alhoewel die Silver Arrows tweede op die konstruksie-punteleer is, is hulle 310 punte agter die voorlopers, Red Bull, wat sedert verlede jaar se Abu Dhabi Grand Prix elke wedren gewen het. Wolff sê hulle is optimisties dat die baanuitleg die naweek by die Singapoer Grand Prix hul motor sal pas. Hy voeg by dat ten spyte van die motor se swak werksverrigting, hulle hierdie seisoen steeds hulle beste gelewer het.