Woestynperde kry verligting met neerslae in Suide

Die goeie neerslae in die Suide wat die week voorgekom het, word nie net as ‘n seën vir die boere in die gebied geag nie maar ook vir die sogenaamde woestynperde. Luidens wat berig word was daar baie min weiding naby die watergat oor wat die perde genoodsaak het om baie ver te loop. Die reën sal verligting in die verband bied. Maar, daar word ook uitgesien na massas blomme in die woestyn wat aan die einde van winter voorkom. Sommige inwoners meen die blomseisoen is gewaarborg vanaf Augustus.