Woermann wag nog vir verslag na brand
‘n Ondersoek is gelas na Maandagnag se brand by die Woermann Brock-supermark in Ombili, Katutura. Die winkel is ‘n noodsaaklike diens vir ‘n groot gemeenskap en die diens ontbreek op die oomblik. Kosmos 94.1 Nuus het met Braam van Niekerk, algemene bestuurder van die groep gepraat. Hy sê hulle wag nog op die brandweer se verslag.