Woef verdien ook om in styl te vlieg en reis

Ons almal verdien net die beste, selfs ons troeteldiere en dit is presies wat BARK Air aan sy resigers wil bied. Die lugredery is spesifiek toegespits daarop om jou troeteldiere te bederf. Matt Meeker, die uitvoerende hoof, sê die sake-idee kom van die alewige gesukkel om Hugo, sy Great Dane, te vervoer en poog om diere se stres en angs te verminder gedurende vlugte. Daar is ‘n sitkamer waar jy en jou troeteldier kan wag en smul aan heerlike lekkernye voordat jy op die vliegtuig klim. Aanboord is daar ‘n spa en die spyskaart het allerhande heerlike eetgoed en selfs “honde sjampanje”. Kom ons gaan hou vakansie woef.