Woedende Alcaraz byt spit af teen Monfils

Tennis: Carlos Alcaraz het sy raket woedend stukkend geslaan na sy verrassende nederlaag van 4-6, 7-6, 6-4 teen Gael Monfils gister in sy openingswedstryd by die Cincinnati Ope. Die heersende kampioen van Roland Garros en Wimbledon kon nie kers vashou teen sy ervare 37-jarige Franse teenstander nie. Alcaraz, wat derde op die wêreldranglys is, is op pad na die Amerikaanse Ope wat oor ‘n week begin sonder ‘n oorwining op ‘n harde baan en slegs een tweede-ronde sege. Die Spanjaard het verlede jaar in die eindstryd van die Cincinnati Ope teen Novak Djokovic verloor.