WKOD: Sperdatum vir laat skool-aansoeke is 25 Mei

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê die sperdatum vir laat aansoeke vir die 2024- akademiese skooljaar is 25 Mei. Die maand lange venstertydperk waarin ouers kon aansoek doen om hulle kinders te plaas, het Vrydag gesluit en 156 150 aansoeke is ontvang. LUR David Maynier sê laat aansoeke by skole sal eers oorweeg word nadat aansoeke wat betyds ontvang is, verwerk is.