Witvlei se tenkerwa-brand redelik onder beheer

Die tenkerwa brand steeds en terwyl daar steeds ‘n risiko is hou owerhede die pad gesluit. Daar is diesel gestort op die toneel waar die tenkerwa vanoggend aan die brand geslaan het, ongeveer 10 kilometer net oos van Witvlei. Die gras is kort en brand op die oomblik nie. Die Witvlei-brandweer is daar met hulle bakkie maar die waterpomp is stukkend en dus kan hulle net toekyk hoe die vragmotor uitbrand. Terwyl die brandweer op die lughawe ten volle toegerus is, is die brand blykbaar buite hulle jurisdiksie. Die tenkerwa vol diesel was op pad na Botswana. Diesel is nie so vlambaar soos petrol nie omdat dit nie dampe maak nie Daar is tot op hede geen beserings aangemeld nie.