Witsand-besetting is verstaanbaar: Rosa Namises

‘n Herrie het losgebars nadat ‘n groep boere wat onwettig met vee in die munisipale gebied van Gobabis geboer het, die naweek die regeringsplaas Witsand oorgeneem het. Die plaas lê reeds vier jaar braak en is deur die regering gekoop om gerepatrieerde Namibiërs vanuit Botswana te hervestig. Landbouminister Calle Schletwein sê die besetting van die plaas is onwettig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bekende maatskaplike aktivis en nou onafhanlike presidensiële kandidaat, Rosa Namises, wat sê dit is heeltemal verstaanbaar dat die boere die land beset het.