Wits se SR skort betoging eers op

Die Universiteit van die Witwatersrand se studenteraad het die bestuur ingelig hulle gaan hul betogings vir die volgende 24 uur staak. Studente betoog die afgelope 10 dae en eis dat diegene met geskiedkundige skuld toegelaat word om te registreer. Die SR wil hê privaat sekerheid en polisie moet van die kampus verwyder word, en die skorsing van die SR-president, Aphiwe Mnyamana, moet opgehef word. Hy is van wangedrag aangekla. Mnyamana sê geen vergadering kan met die bestuur gehou word sonder dat alle SR-lede teenwoordig is nie.