Withuis verwerp Brics-wedywering met VSA

Die Withuis se nasionale veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan, het bewerings verwerp dat Brics en sy moontlike uitbreiding ‘n geo-politieke wedywering met die Verenigde State tot gevolg sal hê. Sullivan het tydens ‘n webinaar oor Washington se buitelandse beleid gesê die Verenigde State sal voortgaan om te werk aan die betrekkinge met die demokrasieë én outokrasieë wat tans die Brics-groepering uitmaak.